Vir ons Afrikaanse Vriende

Print

Header

Die Paarl is geleë in die hartjie van die Kaapse wynlande, en is baie ryk aan geskiedenis.  Die belangrikste seker is dat die Afrikaanse taal hier ontstaan het! Paarl is die 3e grootste dorp in die Wes-Kaap en is 'n tradisionele plattelandse dorp waar Afrikaans die voertaal is.

Ons is ’n Hollandse gesin wat in 2004 besluit het om na Suid-Afrika te immigreer, aangesien dit so ’n wonderlike land is, en so ’n diep indruk op ons gelaat het. Ons het dadelik 'n verbintenis gevoel, aangesien van ons voor-ouers die land help ontwikkel het,  Ons het sak en pak  met ons twee kinders en ons hond na die Paarl gekom. Hier het ons ons hart verloor op’n ou Kaap-Hollandse plaas wat dateer uit 1694.  Met baie harde werk het ons dit weer tot sy eertydse glorie gerestoureer.

Die hoof-opstal is in 1698 gebou deur ene Jean du Bois, ‘n Hugenoot wat vir die VOC gewerk het.  Die plaas produseer tans nog steeds ongeveer 200 ton koejawels en sowat 60 ton druiwe.  Ons kringetjie het intussen uitgebrei met 5 dierbare plaaslike mense wat ons in die gastehuis en op die plaas behulpsaam is, en ons 5 honde en 2 katte wat snags die plaas beskerm.

Aanvanklik was dit vir ons  maar moeilik om aan te pas by al die nuwe kulture en gewoontes van ons nuwe tuiste, maar nou is ons ingeburger, en woon ons heerlik hier.  Ons, as oud-Hollanders  en nuwe Suid-Afrikaners, respekteer dit wat die Suid-Afrikaanse bevolking aan kultuur opgebou en bewaar het.  Dit is eintlik verstommend hoeveel ooreenkoms daar bestaan tussen die Suid-Afrikaanse en Hollandse taal en gebruike!

Ons was nie oorspronklik van plan om ’n gastehuis te bedryf nie, maar omdat ons so baie besoekers uit Holland gekry het  wat die Suid-Afrikaanse leefwyse wou ontdek, het die besluit om ’n gasteplaas te begin, geleidelik posgevat.  Aan die begin was ons gaste meestal afkomstig uit Holland en Duitsland, maar ons is trots om te kan sê dat ons deesdae ook al hoe meer Suid-Afrikaanse gaste kry!  Dit verskaf ons groot genot om te sien dat Suid-Afrikaners al hoe meer hul eie land ontdek en waardeer.  Aangesien die gastehuis ’n ou koloniale gebou in die hartjie van die Wynland is, vind ons dat ons gaste dit beslis geniet om ook hier meer van ons land te sien en te geniet. Ons word omring deur ’n groot verskeidenheid landgoedere met van die beste wyne in die omgewing vir daardie spesiale wynproe.  Prentjie-mooi uitsigte op die omliggende berge, en oor die vallei se wingerde, maak van De Leeuwenhof ’n oase van rustigheid- ideaal vir die diegene wat net so ’n bietjie wil wegbreek!

Vir diè wat graag iets van hul herkoms wil beleef, is De Leeuwenhof net die regte plek.  Hier heers ’n huislike atmosfeer wat iedereen tuis en welkom sal laat voel.

Met eg Hollandse gasvryheid bied ons aan al ons gaste ’n onvergeetlike verblyf.

Laat ons die verleden koesteren en die toekomst in liefde omarmen.

“DE LEEUWENHOF”

’n Tipiese Kaap-Hollandse plaas/gastehuis in  die hartjie van die wynland, slegs 40 min van Kaapstad.  Ons bied ’n rustige atmosfeer met 4-ster luukse geriewe.  Kom ontspan in ons sprankelende sonverhitte swembad, geniet ’n braai om ‘n  gesellige vuurtjie, of aandete in ons groot kombuis. Perfek vir die hele gesin!

 

Hier praat ons jou taal – Afrikaans, Nederlands, Duits of  Engels.
Stable
LUUKSE KAMER

Ons luukse kamer het ’n dubbelbed, kombuisie, en-suite badkamer,  privaat terras en alle weelde vir die moderne reisiger.

 

  • Lugversorging koud en warm
  • Verwarmer
  • Afstandbeheerde platskerm TV
  • DSTV
  • Gratis koordlose internet-toegang
  • Braaiplek
  • Sonstoep
  • Mini kroeg
  • Mini kombuis
  • Handdoeke
  • Kamerjas
  • Haardroër
Luukse kamer
Book online







Contact Details

E-mail: deleeuwenhof@mweb.co.za This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Telephone: +27-21-862 1384
Fax: +27-86 505 0235
Information: Cell phone: +27-84 752 8120, Skype tel: daanvlb Paarl
TripAdvisor Winner: De Leeuwenhof
Travellers' Choice ® 2014 Categories:
Bargain | Small Hotels | Romance

We give our guests a 100% guarantee,  that the offered prices on this website cannot be beaten by re-sellers, never ever!!!

So book direct!!